Tuesday, April 17, 2007

Volk's Helde

'n Volksheld is 'n tipe held, werklik of mitologies .
Die enkele uitstaande karaktereienskap wat van 'n karakter 'n volksheld maak is die inprent van die naam, persoonlikheid en dade van die karakter in die volksbewussyn.
Hierdie teenwoordigheid in die populêre bewustheid word bevestig deur vermelding in volksliedjies, stories en ander .Volkshelds is ook die onderwerp van sommige films.
Alhoewel sommige volkshelde historiese openbare figure is, is hulle oor die algemeen nie. Aangesien die geskiedenis van volkshelde gewoonlik nie gebaseer is op historiese dokumente nie, word die karaktereienskappe en dade van 'n volksheld dikwels verwring tot die mistieke.
Die volksheld begin dikwels sy lewe as 'n doodgewone persoon, maar word omskep in iemand buitengewoon weens besondere lewensgebeure, dikwels in antwoord op sosiale ongeregtigheid, en soms in reaksie op natuurrampe
Een belangrike volksheld kategorie is die beskermer van die gewone man teen die oppressie of korrupsie van die bestaande staatsbestel.Lede van hierdie volksheldgroepering tree dikwels, maar nie altyd nie, buite die wet op, in een of ander opsig.

1 comment:

Anonymous said...

Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.